Wednesday 4 June 2014

FRIKKABOLLETJIES


FRIKKABOLLETJIE
Geinspereer deur Colyn Serfontein van *COLYN MAAK MAN KOS* het ek gisteraand die Frikkabolletjies vir my Man en Staf gemaak en hulle was gaande daaroor..smaak my ek moes 2 bakke gebak het..Dankie Colyn dit is n wenner
*My Verwerking van die bolletjies
1 pak Spar Brooddeeg
500g Maalvleis
1 klein uitjie fyngekap
1 eier
2 e Koekmeel
1 e Fyngekapte vars pietersielie
½ t vars gekapte tiemblare
Sout en Peper na smaak
Nou maak jy jou frikkies en plaas dit eenkant op n skinbord
Neem meel en strooi dit op jou snyplank en druk met jou vingers jou deeg mooi plat uit op jou plank lekker groot
Ek gebruik sommer n ou inmaak blikkie om vir my sirkels uit te druk
Druk een sirkel uit en rek en strek jou deeg en plaas jou  frikkie wat jy met die een hand eers in olyfolie gerol het binne in en vou nou jou deeg om die frikkies soos n wolkombersie en smeer weer olie om die deeg en plaas dit in jou gesmeerde bakskottel of pan met die rondekante na bo  hou so aan tot almal toegedraai is
Kyk dat almal lekker gesmeer is met olie en kwas so n bietjie mayonnaise bo-oor elke bolletjie
Strooi bietjie Paprika en growwe sout oor en bak dit heerlik in n warm oond soos Colyn beskryf by 210*C vir 20min en draai dan jou oond af na 160*C vir so 10-15min
Heerlik verby crispy en lekker vleisie aan die binnekant
Ek het myne net met Tuisgemaak Tamtiesous ge-eet en dit was baie lekker
N.S>>>Toe ek dit uit die oond gehaal het het ek botter gesmelt met Knoffel in en bo-oor elke bolletjie gegooi net vir n verandering …dit is nie nodig as jy dit nie wil doen nie..Helena Kruger *4/06/2014 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/frikkabolletjies.html

No comments:

Post a Comment